Ons Prospektus

"All glory to God"

Inligting

Ons Naskoolse fasiliteite verskaf ‘n veilige, ondersteunende omgewing en kwaliteit naskoolse aktiwiteite.

BELEID EN DOEL

Ons handhaaf ‘n oop beleid en u as ouer moet ten alle tye die vrymoedigheid neem om enige klagtes of probleme rakande u kind of my personeel met my te bespreek. Ons strewe daarna om elke kind te help om sy volle potensiaal te bereik deur uitnemende opvoeding waarin kinders met liefde en sekuriteit kan ontwikkel. Ons klein groepies verseker dat ons aan elke kind individuele aandag kan gee.

VISIE

Om elke kind die geleentheid te gun om ten volle te ontwikkel op alle terreine. Miershoop wil ‘n voorloper bly deur ‘n veilige omgewing te bied, waar kinders in liefde, respek en sekuriteit, uitnemende opvoeding en onderrig ontvang.

GODSDIENS

Die basis van onderrig is Christelike waardes en ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle dade, talente en regte. Ons naskool leef Christelike norme en waardes uit volgens die Woord van God en handhaaf ‘n Christelike karakter in alles wat ons doen. Elke kind sal met liefde en respek hanteer word en ons sal van die kinders verwag om dieselfde respek en liefde aan ans personeel en mede leerders te openbaar. Saam sal ons die vrug van die Gees uitleef.

MISSIE

Ons streef daarna om;

  • ‘n Veilige hawe te skep vir al ons leerders.
  • Die geleenthede te bied aan al die leerders om te ontwikkel in alle fasette van menswees, sodat hulle die eise van ‘n voortdurende veranderende wêreld sal kan hanteer.
  • Intellektueel optimaal te bevoordeel deur ons naskool ontwikkelingsprogram.
  • Gesonde, konstruktiewe spel en ontspaning te bied vir alle leerders.
ONS NASKOOL BIED DIE VOLGENDE

6.1 ALGEMEEN

  • Ligte maaltye en verversings word daagliks voorsien (spyskaart kan aan u voorsien word).
  • Gehalte opvoeders en uitstekende fasiliteite om leerders se voile potensiaal te ontwikkel.
  • Hoe akademiese standaarde .
  • Bekwame en kundige personeel.
  • Interaksie, speel en sosialisering met maats van verskillende ouderdomme .
  • Ondersteuning met skoolprojekte en huiswerk .
  • Hulp met navorsing deur die daarstelling van alle moontlike hulpmateriaal.
  • Naskool ontwikkelingsprogram .
  • Gesonde, kontruktiewe spel en ontspanning.

6.2 VERVOER

  • Kinders word vergesel vanaf die skool na die naskool (ons stap gewoonlik met die kinders direk na skool)
  • Vervoer na buitemuurse aktiwiteite binne ‘n radius van 2km van Miershoop sal sonder koste wees, addisionele kostes sal gehef word vir aktiwiteite verder as dit en op ‘n individuele basis met ouers ooreengekom word.

6.3 VAKANSIEPROGRAM

  • Miershoop is oop tydens die skoolvakansies en sluit ‘n vakansieprogram in .
  • Die skoal is gesluit tydens langnaweke en open bare vakansiedae .
  • Sien punt 7 hieronder vir meer inligting.

6.4 FASILITEITE

  • Elke leerder word voorsien van sy eie studie ruimte .
  • Die nodige skryfbehoeftes sal by elke leerder se studie ruimte verskaf word. Hierdie sal die leerder se veranwoordelikheid wees om na om te sien.
  • Elke leerder ontvang ‘n ekstra werksboek, waarin gewerk word sodra huiswerk in die
    middae klaar is.
SKOOLURE

12:00 – 18:00 Skoolure gedurende die week.
Miershoop Naskool sluit stiptelik teen 18:00. ‘n Boete van R50.00 per 10 minute sal gehef word vir kinders wat laat afgehaal word.
06:30 – 18:00 Skoolvakansies
Gedurende skoolvakansies word daar nie ontbyt aan die kinders voorsien nie, ouers is welkom om ontbyt saam te stuur sodat hulle dit by die skool kan eet of maak seker hulle eet ontbyt tuis voor hulle afgelaai word. ‘n Kosblik moet asb saamgestuur word vir pousetyd om 10:00, maak asseblief seker dit is ‘n gesonde pakkie is en nie net lekkers en
gaskoeldrank nie!

DAG PROGRAM (GR R - GR 7)

Ons volg elke dag ‘n program wat min of meer as volg uitsien:

12:30 – 13:00 Skool open – naskool juffrou beskikbaar.
13:00 -13:30 Gaan haal kinders by die skool.
13:15 – 14:00 Middagete.
14:10-15:30 Huiswerk.
15:30 -16:00 Middag versnappering.
16:00 -16:30 Huiswerk vir ouer leerders wat nog nie klaar is nie of leerders
wat buitemuurse aktiwiteite bygewoon het.
16:00-17:30 Buitespel.
17:30-18:00 Binnespel tot ouer leerder kom haal.

 

Vakansie aktiwiteite

1 OKTOBER MAANDAG Bak en Brou
2 OKTOBER DINSDAG “Board Games” – Bring julle Board Game saam.
3 OKTOBER WOENSDAG

Rhk Feesterrein – Koste R20 per kind.
Ons gaan piekniek hou en diere kos gee.

Stuur asb iets lekkers vir die piekniek en diertjies.
12:30 – 15:00

4 OKTOBER DONDERDAG Kreatiewe Kuns/ Springkasteel
5 OKTOBER VRYDAG Springkasteel / Swemklere, Handoek en Sonblok
AFWESIGHEID
  • Dit is absoluut noodsaaklik dat ouers ons in kennis stel as ‘n leerder vir ‘n gegewe dag
    afwesig gaan wees. Gebruik asseblief die whatsapp groep om dit aan ons deur te gee.
    lndien u die skool wil kontak om met u kind te praat, gebruik hierdie nommer:
    0834411625.
KURRIKULUM
  • Onderrig word in Afrikaans aangebied.
  • Twee gekwalifiseerde onderwysers en die res van die personeel sal toesien dat al die leerders hulle huiswerk voltooi.
  • Aangesien Miershoop slegs ‘n maksimum van 40 leerders kan akkomodeer, sal elke leerder baie individuele aandag van die personeel geniet.
DISSIPLINE
  • By Miershoop is respek vir mekaar vir ons baie belangrik en indien daar konflik ontstaan tussen kinders of personeel poog ons om in alle omstandige streng maar regverdig op te tree. Elke kind se menswaardigheid en selfbeeld is vir ons kosbaar. Ons besef egter dat met soveel kinders bymekaar sal daar natuurlik konflik en frustrasie met tye opduik. Onvanpaste gedrag sal altyd met ‘n gesprek hanteer word en in sommige gevalle met ‘n ‘time-out’ gepaard gaan. Die Miershoop personeel sal elke situasie tot die beste van hul vermoë by die skool hanteer maar indien daar iets is wat onder u aandag gebring moet word, sal ons met u ‘n afspraak reël.
SEKURITEIT EN VEILIGHEID
  • Veiligheid van ons leerders is van uiterste belang, daarom het ons die hek voor by die skool waar ouers en kinders i n – en uitgelaat word. ‘n Leerder moet ten alle tye vergesel word deur ‘n ouer, alvorens hy die perseel mag verlaat. Geen leerder mag voor die hek op of afgelaai word nie .
  • Slegs persone met nodige toestemming mag leerder oplaai. Spesifiseer asseblief op die inskrywingsvorm .
  • Die hek het ‘n kode wat gereeld verander word om sodoende beter beheer uit te oefen. Moet asseblief nie die kode aan leerders gee nie en maak asseblief seker dat die hek ten alle tye agter u toegemaak word .
  • Ons het ‘n voltydse karwag wat ook help met die veiligheid van motors.
SIEK LEERDERS
  • Geen siek leerders word toegelaat by die skool nie. Dit is ‘n vereiste van die gesondheidsdepartement. Ons as skool het ‘n verantwoordelikheid teenoor ander ouers om seker te maak dat olike leerders by die huis sal bly, veral as dit aansteeklike
    siektes is .
  • lndien daar vereis word dat u kind medisyne binne skoolure moet kry, moet dit asseblief in die medisyne-boek aangeteken word, met u handtekening daarby. Die medisyne moet fisies in die betrokke onderwyseres se hande geplaas word. lndien u kind siek word by Miershoop sal u as ouer onmiddelik in kennis gestel word .
  • Sou u kind by Miershoop ‘n besering opdoen en dit is nie ernstig nie, sal ons noteer
    in die ongevalle boek. lndien dit ernstig is salons u dadelik in kennis stel en/of u kind
    direk na die Landman Mediese Sentrum neem.
SPEELGOED/JUWELE EN ELEKTRONIESE TOESTELLE
  • Speelgoed, juwele en elektroniese toestelle word onder geen omstandighede by die skoal toegelaat nie.
  • Miershoop aanvaar geen verantwordelikheid indien enige persoonlike items verlore
    of stukkend mag raak nie .
  • Leerders moet asseblief vooraf in kennis gestel word dat sou enige selfone gedurende
    huiswerktyd gebruik word, ons dit sal afneem en aan die ouer sal terug besorg.
INSKRYWINGS EN REGISTRASIEFOOIE
  • ‘n Intreefooi van R600.00 per leerder is betaalbaar met registrasie.
  • R450.00 Herregistrasie per leerder sal dan gehef word en betaalbaar weesin Desember van elke jaar.
  • Elke leerder moet asseblief aan die begin van elke kwartaal die skool voorsien van 1 boks tissues en 1 pak van 4 rolle toiletpapier.
BYKOMENDE INLIGTING
  • Ons probeer die skool deur en tyd opknap om sodoende vir die leerders dit so huislik moontlik te maak. Met die LEESHOEKIE wat hierdie jaar geïmplimenteer is, asook die 2 rekenaars ook plaas waar die leerders navorsing en take kan afhandel, is die diel om u as ouer te help.
    Swemlesse vir die naskool leerders sal beskikbaar wees 2 keer per week vir 30 minute teen ‘n verlaagde fooi van R485.00 per maand oor 11 maande.
    Miershoop het ‘n oop deur beleid en is dit vir ons baie belangrik dat u as ouer ons op hoogte hou van enige probleem. Dit is belangrik vir groei om te weet waar ons kan verbeter.
    By Miershoop leef ons die Vrug van die Gees uit en is respek vir maats en personeel vir ons belangrik. Ek hoop ons kan op ‘n nuutgevonde vriendskap bou en vir u kind ‘n huis weg van die huis wees – JOU MIDDAG TUISTE.

Visit Us

083 264 6187

miershoopsentrum@gmail.com

107 Panorama Avenue Rooihuiskraal, Gauteng, South Africa